Maker – Vraelys

Naam
Noemnaam en Van
Nommer waar ons jou kan kontak.
Epos:
Onthou, hierdie is ‘n makerbeweging en die gedagte is dat jy iewers in die proses inpas waar iets gemaak word, waar iets wat nie was nie, tot stand kom.
CNC Kursus – Stel jy belang om jou eie CNC masjien te bou?
Die Makerbeweging bied ‘n kursus aan om jou eie CNC – rekenaarbeheerde masjien te bou of om ‘n bestaande konvensionele masjien te CNC.
Maker-Beweging Kategorieë
Doen-dit-Selwer

Iemand wat goed maak — groot of klein, hardeware of sagteware, binne of buite. Jy het nie noodwendig formele opleiding nie, maar jy kry dinge reggekry. Voorbeeld: Jy maak goed reg wanneer dit breek. Jy het gereedskap om te doen wat jy moet en as jy nie het nie, skaf jy dit aan.

Planmaker

Die “Ouma-maak-‘n-plan” tipe. Jy vind praktiese oplossings met wat beskikbaar is. Beperkte middele stop jou nie — jy improviseer en kry dit reg. Voorbeeld: Ouma wat ‘n speelbal maak uit inkopiesakke sodat die kleinkind kan speel.

Vakman

Jy het ‘n ambag of spesifieke vaardigheid en kan dit bekwaam uitvoer. Jy is die persoon wat mense nader as hulle iets gedoen wil hê — jy lewer goeie gehalte werk. Voorbeeld: Die sweiser, messelaar, elektrisiën, of skrynwerker wat sy vak ken en trots is op sy werk.

Nuutskepper

Jy skep iets wat nog nie bestaan het nie. Jy sien ‘n behoefte en bedink ‘n heel nuwe oplossing — nie net ‘n tydelike plan nie, maar iets wat blybly. Vindingrykheid en verbeelding is jou gereedskap. Voorbeeld: Jy sien dat daar ‘n energieprobleem is. Jou oplossing is om aan ‘n nuwe metode te begin werk om elektrisiteit op te wek om die probleem te bowe te kom.

Kundige

Jy het formele kwalifikasies of jare se diep ervaring in jou vakgebied. Mense nader jou vir raad en leiding. Jy weet nie net hoe om iets te doen nie — jy verstaan hoe dit werk. Voorbeeld: Die ingenieur, dokter, of akademikus met bewese kennis en ervaring, of jy behoort aan ‘n gilde.

Dissiplines:
Dit is belangrik om die dissiplines te merk waarin jy reeds vaardig is.
Waarom beskou jy jouself as ‘n Maker. Hoe kan jy waarde toevoeg in ‘n beweging waar mense op jou sal moet staatmaak.
Stel jy in lidmaatskap belang as:
Die visie van die Makerbeweging is om op ‘n gedesentraliseerde vlak kundiges en vaardighede bymekaar uit te bring om ‘n Afrikaner industrie te laat herleef. Die hoofdoel is om simbiotiese verhoudings te skep waar ons deur inter-afhanklikheid bou ter wille van die geheel bo die individu.
Hoe wil jy betrokke wees by die Makerbeweging?
Wees vrygewig met jou vermoë om ‘n bydrae te lewer om die Makerbeweging ‘n sukses te maak. As jy ons nie gaan vertel wat in jou steek nie, gaan ons dit nie weet nie.
Gee gerus jou visie van die toekoms van die Afrikaner as Maker en Bouer binne ons eie gemeenskap.
Hoe het jy van die Makerbeweging bewus geraak?
Jou huidige Werksituasie?
Lidmaatskap Fooi:
Gee gerus ‘n aanduiding hoe u die inisiatief kan ondersteun. Hierdie keuse is slegs ‘n aanduiding van hoe die makerbeweging op ‘n sinvolle wyse kan voortbestaan. Wanneer u lidmaaatskap goedgekeur is, sal ons u kontak om die opsies te bespreek.
Vrywaring:
Deur hierdie vraelys te voltooi en in te dien, gee u toestemming dat die persoonlike inligting wat u verskaf, ingesamel, verwerk en gestoor mag word in ooreenstemming met die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA), Wet 4 van 2013.

U inligting word slegs gebruik vir die doel waarvoor dit ingesamel word, naamlik om u betrokkenheid en geskiktheid te bepaal.

U data word veilig gestoor op Airtable se gedepte bedieners (Amazon AWS, VSA) en is slegs toeganklik vir gemagtigde persone.

U inligting word nie sonder u toestemming aan derde partye verkoop, verhuur of versprei nie.

U het die reg om te versoek dat u inligting hersien, reggestel of verwyder word te eniger tyd.

Gesprekke wat gevoer word tydens die aansoekersproses kan aangeteken word uitsluitlik vir rekordhouding en evalueringsdoeleindes. U sal vooraf in kennis gestel word.

Vir enige navrae rakende u persoonlike data, kontak ons by admin@makerbeweging.co.za